Woestynkombuis

137 Resepte uit die Hart van Namibië

Deur Louise van der Hoven

Ontdek Woestynkombuis

Die storie agter die boek

Woestynkombuis boek

Wat is Woestynkombuis?

Onthou jy nog die dae toe kook sonder pretensie was, kos uit die veld gepluk en gegrawe kon word, die koolstoof nog in jou ouma se kombuishoek gepronk het met 'n warm pot koffie, en jy nog moes wag vir die melk om van die stalle af te kom vir ontbyt? Onthou jy nog die klassieke disse van vervloë dae, onopgesmuk en eerlik? Woestynkombuis is 'n huldeblyk aan daardie dae, toe kos nog kós was.

Thea van Wyk

Waarvandaan Ontstaan?

Hierdie boek is geïnspireer deur 'n vrou sonder pretensie, 'n vrou met integriteit, 'n Christenvrou. Thea van Wyk het hierdie versameling handgeskrewe resepte bymekaar gemaak vanuit die harte en kombuise van haar vriendinne en familie en opgebou totdat dit saamgestel kon word as 'n volledige resepteboek. Thea se idee was nooit om die versameling resepte te publiseer nie. Dit was haar liefde vir die plaaslewe, die Namibiese duine, familiewaardes en kook wat haar dogter, Louise, geïnspireer het om hierdie resepte in 'n boek te omskep. Ná 'n eindelose stryd met kanker is Thea in April 2006 oorlede. Haar kinders dra hierdie boek aan haar op.

Louise van der Hoven

Wie is Louise?

Louise van der Hoven is gebore op Aranos, Namibia. Sy het Verbruikerswetenskappe studeer aan die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom, waarna sy 'n honneursgraad in Voedselwetenskappe voltooi het deur Unisa. Sy het in die afgelope 5 jaar verskeie projekte onderneem waardeur sy ondervinding opgedoen het in voedsel-navorsing en produkontwikkeling. Louise se passie vir die voedsel bedryf het haar gemotiveer haar om verskeie projekte as voedsel entrepreneur aan te pak. Woestynkombuis is dus 'n groot droom wat bewaarheid is! Louise woon tans net buite Stellenbosch saam met haar man, Reyno, en hul 4 kinders, Olivia, Reyneke, Stephan en Marinus.

Hegte Familiebande. Samekoms. Feesvieringe.

Bestel Jou Kopie Vandag

Slegs R250 — posgeld ingesluit

Kontak Ons